3 maande gelede
Cici pak uit oor pain
Geen Future: Ciara praat oor hoe haar eks-ou haar hart gebreek het. Foto: Getty Images  ~ 

CIARA het ’n lelike padda gesoen voordat sy haar prins ontmoet het.

Die sangeres het vroeër dié week aan Jada Pinkett-Smith op haar show, Red Table Talk, erken sy het ’n hele paar keer gehuil oor haar eks-verloofde en baby daddy, Future.

Hulle het ’n seuntjie (5), Future Zahir. Sy het uitgepak oor haar hartseer nadat sy en die rapper uitmekaar is.

“Ek het baie gehuil oor ek nie op die gelukkigste plek was nie. Die dinge waardeur ek gegaan het, het my seergemaak.”

ideaal

Sy’t gesê dit was veral moeilik vir haar om ’n single ma te wees. Sy het die lewe gegee aan klein Future nadat sy daddy klaar history was.

“Niks hiervan was ideaal nie. Ek het grootgeword met albei my ouers en ek het geglo dis hoe dit moet wees.”

Maar sy het opgelevel en haar prins gevind. Sy en die voetbalspeler Russell­ Wilson is in 2016 getroud.

“Toe Russ in ons lewe gekom het, was Future tien maande oud en dit was anders. Ek het nog nooit so gevoel nie. Dit was net kalm.”

Sy is ook mal oor hoe loving hy teenoor haar seun is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters