Verlede maand
'Charmaine' groet 7de Laan
feestelik: Charmaine (Vinette Ebrahim) maak planne vir Krismis. foto verskaf  ~ 

VINETTE Ebrahim, beter bekend as Charmaine Meintjies in 7de Laan, gaan dié gewilde sepie groet.

7de Laan het dié nuus in 'n verklaring bevestig.

"Dit is met groot hartseer dat 7de Laan totsiens aan Charmaine Meintjies en haar moeilike tweelingsuster, Vivian, wat albei deur Vinette Ebrahim vertolk is, lui die verklaring.

"Die hele Suid-Afrika ken Charmaine as 'n karakter met diep gesinswaardes, vriendskap en een wat ander help.

"Charmaine se persoonlike- en familiedinamikas, uitdagings en gesinskwessies het Suid-Afrikaners vir meer as 19 jaar vermaak."

Die tyd het egter aangebreek vir haar om Oppiekoffie te groet.

"In langlopende televisiereekse gebeur dit dikwels dat 'n karakter se storie tot 'n einde kom. Ná die evaluering van ou en huidige storielyne, blyk dit of al die potensiële stories rondom Charmaine en Vivian uitgeput is.

"Die twee sisters van die Laan sal vir altyd onthou word vir hul ongewone verhouding en hoe goed Vinette hul storielyne uitgebeeld het.

"Grotendeels sal Charmaine onthou word vir haar goeie hart vir die medemens in die Laan, waar sy haar moederliefde met elke Hillsider gedeel het."

Kykers kan Charmaine op die lug sien tot 24 Oktober.

Annelisa Weiland, wat die rol van Hilda vertolk het, het ook onlangs aangekondig sy verlaat die sepie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters