15 dae gelede
Charlize vereer
Goue meisie: Hollywood vereer Charlize Theron weer – dié keer met ’n Career Achievement Award. Foto: getty images  ~ 

ONS goue girl het nóg ’n gesogte toekenning gekry om in haar reeds bultende trofeekassie te sit.

Ek sien op The Juice die 23ste Hollywood Film Awards het reeds verlede week aangekondig die 44-jarige girl van Benoni het ’n Career Achievement Award gescore.

Sy is na gisteraand se toekenningsaand genooi om haar toekenning te ontvang.

Wys

Die mammie van twee het rave reviews gekry vir haar rol in die nuwe fliek Bombshell, waarvan Jay Roach die regisseur is.

Die fliek, wat klaar lyk na Oscar-materiaal, handel oor die sake van seksuele aanranding wat ’n paar jaar terug teen die TV-netwerk Fox se CEO, Roger Ailes, gemaak is.

Die Oscar-benoemde Margot Robbie en Oscar-wenner Nicole Kidman wys ook gesig in dié dramatiese movie oor die lewe van die media mogul.

Geluk, Charlize, en sterkte met die Oscars.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters