18 dae gelede
Charlize sê sy is nie een vir ’n huwelik nie
BELAGLIK: Volgens Charlize Theron het sy en Sean Penn nooit op trou gestaan nie.  ~ Getty Images

MZANSI se goue meisie sê praatjies van ’n troue tussen haar en Sean Penn is sommer net bogstories.

Charlize Theron (44) het met Howard Stern op sy radio-show gepraat.

Dit was om haar nuwe superhero-fliek, The Old Guard, op Netflix te bemark.

Sy is toe uitgevra oor haar liefdeslewe en die trou­praatjies oor haar en Sean.

Die aktrise, wat oorspronklik van Benoni is, was heeltemal uit die veld geslaan.

“Wat?!” het sy gereageer. “Dis nie waar nie! Nee, ek het nie amper met Sean getrou­ nie, Daai is ’n klomp k*k!”

Verhouding

Sy het wel erken: “Nee, ons het gedate. Dit was letterlik ál wat ons gedoen het. Ons het gedate.

“Dit was beslis ’n verhouding. Ons was definitief eksklusief, maar dit was skaars vir ’n jaar.

“Ons het nooit saam ingetrek nie. En ek was ook nooit van plan om met hom te trou nie. Daar was niks soos daai nie.”

Ek lees op People.com dat die tweetjies vir byna ’n jaar en half uitgegaan het voordat hulle in 2015 opgebreek het.

Die Bombshell-aktrise het in die onderhoud gesê ’n huwelik is nie iets waarvoor sy juis mik nie.

Charlize het gesê: “Ek wou nog nooit trou nie. Dis was nog nooit iets wat vir my belangrik was nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters