2 maande gelede
Charles mal oor Meghan en Kate
skoonsusters: Kate en Meghan se skoonpa aanvaar hulle as sy eie dogters.  ~ 

PRINS Charles is mal oor sy skoon­dogters, Meghan en Kate.

Ek sien op E! hy wou nog altyd ’n dogter gehad het. Toe oorle prinses Diana swanger was met prins Harry, wou Charles graag gehad dit moes ’n meisiekind wees.

Hy het toe nooit ’n meisiekind gekry nie, maar sy seuns, prins William en prins Harry, se vroue is vir hom soos sy eie dogters.

Iemand na aan die konink­like familie sê prins Charles het sy skoondogters met ope arms verwelkom.

Prins Charles se hart klop warm vir die hertogin van Sussex.

Die persoon vertel toe prins Harry sy derra vra om haar op hul troudag die kerk in te vergesel, het hy nie twee keer gedink om ja te sê nie.

Die hertogin van Cambridge het net so ’n baie spesiale plekkie in haar skoonderra se hart.

Die informant vertel Charles het sy oudste seun aangemoedig om met Kate te trou.

Hy het prins William mooi laat verstaan dat dit nie aanvaarbaar is om ’n meisie so lank te date sonder om te trou nie.

Kate het sommer tóé al uit­nodigings na die familie se events gekry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters