9 dae gelede
Celebs help kies Mej. SA
weet van: Demi-Leigh Nel-Peters gaan help om Mej. Suid-Afrika 2019 te kies. Foto: getty images  ~ 

OP VROUEDAG sal vyf sterk vroue lede wees van die paneel wat ons nuwe Mej. Suid-Afrika gaan kies.

Die vyf is ons voormalige Mej. Heelal Demi-Leigh Nel-Peters, die sepiekoningin en sakevrou Connie Ferguson, die Suid-Afrikaanse model, aktivis en prokureur Thando Hopa, die queen van Suid-Afrikaanse TV Anele Mdoda en die huidige Mej. Heelal, Catriona Gray, van die Filippyne.

Demi-Leigh sê dis vir haar ’n groot voorreg en voeg by: “Dis ’n verantwoordelikheid wat ek nie ligtelik ag nie.

“Ek was al waar dié meisies nou is. So, ek verstaan wat hulle ervaar. Ek kan in elke aspek van die kompetisie met hulle relate.

“Ek weet ook hoe hard die deelnemers werk en hoeveel toewyding dit vat om te wen – nie net die nasionale titel nie, maar ook die meer gesogte internasionale een.

“Ek glo my kennis en ondervinding as ’n internasionale model wat al op die paneel van verskeie nasionale kompetisies was, sal waardevol wees.”

En waarvoor presies kyk die skone voormalige Mej. Heelal uit?

Vlag

“Die belangrikste is dat sy ’n uitstekende ambassadeur vir ons Reënboognasie moet wees – een wat waarlik lief is vir haar land. Sy moet ons vlag hoog laat wapper op die internasionale verhoog.

“Verder soek ek vir ’n sterk, onafhanklike, well-groomed en welsprekende dame wat grasieus, opreg en goedhartig is,” sê Demi-Leigh.

“Mej. SA hoef nie in enige mould te pas, perfek te wees of reg te antwoord nie.

“Ek soek eerder vir ’n dame wat wéét wat haar mould is, trots is daarop en dit koester. “Sy moet ook haar tekortkominge own.”

Mej. SA word Vrydagaand op M-Net (DStv-kanaal 101) en Mzansi Magic (kanaal 161) uitgesaai.

  • Die 16 finaliste is: Beulah Baduza (23, Hatfield, Pretoria), Chuma Matsaluka (21, Nyanga, Kaapstad), Danielle Wallace (26, Umhlanga, Durban), Eloïse van der Westhuizen (24, Panorama, Kaapstad), Errin Brits (22, Randpark Ridge, Johannesburg), Keabetswe Kanyane (25, Montana, Pretoria), Kgothatso Dithebe (24, Centurion, Pretoria), Lisa Stoffels (26, Margate, KwaZulu-Natal), Loren Leigh Jenneker (24, Centurion, Pretoria), Noluthando Bennett (24, Kagiso, Krugersdorp), Nompumelelo Maduna (24, Rockville, Soweto), Sasha-Lee Olivier (26, Alberton, Johannesburg), Sibabalwe Gcilitshana (24, Nqamakwe, Oos-Kaap), Xia Narain (23, Chatsworth, Durban), Zanele Phakathi (20, Soweto) en Zozibini Tunzi (25, Tsolo, Oos-Kaap).
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters