27 dae gelede
Cassper is spyt dat vuisgeveg nie gebeur
TELEURGESTELD: Cassper Nyovest is geraak oor hy nie binnekort saam met AKA in die bokskryt kan klim nie.  ~ Getty Images

DIT lyk asof Cassper Nyovest en AKA mekaar nie binnekort in die bokskryt gaan face nie – en Cassper is blykbaar spyt daaroor.

Dit klink asof die ou nogal uitgesien het na daai fight. Die rapper het onlangs in ’n interview bevestig ’n boksgeveg teen AKA is beslis in die pyplyn, maar nou is dié planne eers van die baan.

Minister Nathi Mthethwa het onlangs aangekondig nie-kontak en kontaksport mag onder streng toesig begin oefen, maar Boxing SA (BSA) is versigtig.

Andile Sidinile, ’n BSA-direksielid, het onlangs aan SowetanLIVE gesê hy dink nie dis ’n goeie idee dat boksers weer begin oefen nie.

“Jy kan nie boks in gyms toelaat nie. Die kans op ontsteking is te groot. Boksers oefen in ’n enclosed omgewing, waar rugby of sokker op ’n oop veld gespeel word.”

Cassper het die nuus re­tweet en bygevoeg: “Demmit! Dis jammer!”

Lyk vir my sy vuiste jeuk behoorlik!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters