13 dae gelede
Cassper is skoon gaga oor onse Mej. Heelal
klas: Cassper Nyovest ’n het ’n crush op Mej. Heelal, Zozibini Tunzi.Foto: getty images  ~ 

DIT is geen geheim dat Cassper Nyovest se hart warm klop vir die mooiste meisie in die heelal nie.

Ek sien op Channel24 die local rapper comment gereeld op Mej. Heelal Zozibini Tunzi se posts in die sosiale media – só gereeld dat sy fans hom al gevra het of hy ’n crush op ons mooie queen het.

Hy het nog nie op dié vraag gereageer nie, maar hy bly Zozi toegooi onder komplimente en comments en so dan en wan ’n hart-emoji op haar posts in die sosiale media.

Cassper het Zozi hierdie week by ’n launch ontmoet en natuurlik ’n foto saam met haar geneem.

Die rapper laat hoor: “Boet Fill Up en Ousie Heelal het ontmoet.

“Sjoe! Sy lyk soos ’n droom in die regte lewe.”

Aanvaar

En wat sê Boet Fill Up se beweerde meisie oor sy crush op Mej. Heelal?

Cassper se “meisie”, Thobeka Majozi, het self ook op die post geantwoord: “Hierdie is die tipe poligamie wat ons kan aanvaar.”

So, in dié geval is drie beslis nie ’n crowd nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters