4 dae gelede
Cardi wil nou skei
single: Cardi B het gister op sosiale media laat hoor sy en haar hubby is nie meer saam nie.Foto: getty images  ~ 

CARDI B en Offset is skaars ’n jaar getroud, maar die twee rappers is reeds op pad skeihof toe.

Boonop is hulle dogtertjie, Kulture, nou eers vier maandjies oud.

Cardi B het in ’n video op Instagram verduidelik dat sy en die Migos-rapper altyd goeie vriende sal bly, maar dat die romanse opgedroog het.

“So, almal pla my heeltyd met vrae en alles. Vir ’n hele tydjie het ek dinge probeer uitwerk met my baby daddy en ons is regtig dik pelle en goeie sakevennote.

“Hy is altyd iemand na wie ek sal gaan om mee te praat en ons het baie liefde vir mekaar, maar dinge werk net nie vir ons uit nie en dit is nie een van ons se skuld nie,” laat hoor sy in die video.

Die “I Like It Like That”-rapper het bygevoeg hulle moet dalk hulle huwelik van een jaar beëindig.

“Ek neem aan ons het ons verliefdheid ontgroei. Ons is nie meer saam nie. “Ek gaan altyd vir hom lief wees, want hy is my dogter se pa.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters