Verlede maand
Cardi lag vraag af
ongemaklik: Cardi B het aan die lag gegaan toe ’n aanbieder haar vra of sy en Nicki Minaj ooit sal opmaak. Foto’s: getty images  ~ 

ONS kan maar vergeet dat Cardi B en Nicki Minaj ooit sal opmaak.

Soos ons weet, kom dié twee vrouerappers glad nie oor die weg nie, maar natuurlik het ons almal stilletjies gehoop dat hulle eendag die strydbyl sal begrawe en die hit “MotorSport” saam sal doen.

Maar Cardi is nie vir daai nie.

Die “Please Me”-rapper het ’n baie shady response gehad toe ’n aanbieder van Variety haar gevra het of sy en Nicki ooit sal opmaak.

Die twee het mekaar laas jaar by die modeweek in New York mos amper te lyf gegaan.

Die aanbieder het Cardi B uitgevra oor nuwe musiek, politiek en natuurlik Nicki.

Cardi B het niks geantwoord nie, maar haar gesigsuitdrukking het gewys dat die beef nog sommer lank gaan hou.

Sy het die aanbieder so gekyk en haar gesig gedraai, die aanbieder aangestaar en heel ongemaklik net aan die lag gegaan. Daai tipiese Cardi B- heksagtige lag.

Ek wens die twee wil net opmaak en aangaan om goeie musiek te maak.

Die rap-bedryf is mos darem groot genoeg vir hulle albei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters