3 maande gelede
Cardi B wys diamond
nuwe rol: Cardi B se stripper-fliek word later dié jaar uitgereik. Foto’s: getty images  ~ 

JULLE, ontmoet Diamond.

Dit is die karakter wat die rapper Cardi B in haar komende stripper-fliek vertolk.

Die 26-jarige het onlangs ’n foto van haarself op haar Instagram gelaai van waar sy in kostuum is vir haar rol as Diamond in die fliek Hustlers. Die voormalige stripper gaan ge-join word deur Jennifer Lopez, wat ook in die fliek speel.

Ek moes twee keer na die mirror selfie van Cardi B kyk om seker te maak dat sy wél klere aanhet.

Sy dra ’n baie, baie skrapse blou en pienk thong bodysuit met hemelhoë strappy heels wat net onder die bonkige sitvlak eindig.

Onder die foto skryf sy: “Is julle gereed vir Diamond om binnekort in ’n teater naby jou te verskyn?”

Kyk, hierdie mammie van Kulture was nog nooit skaam om oor haar verlede as ’n stripper te praat nie.

Sy het verlede jaar aan Howard Stern vertel dat die strip-wêreld haar redding was.

“Ek sê nie meisies moet dit gaan doen nie. Maar ek gaan nie ’n front voorhou nie.

“Dit het my gered. Eerlikwaar, dit het my gered.

“Voordat ek by ’n strip club gewerk het, was ek ’n kassier by ’n market.”

Die movie word na verwagting op 13 September uitgereik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters