2 maande gelede
Cardi B speel Cinderella
gatvol: Cardi B was gatvol vir Nicki Minaj en het haar met’n skoen gegooi.Foto’s:getty images  ~ 

CARDI B kan baie goed vat, maar as jy snert praat van haar kind, dan gaan sy naels wys.

Dié grootste twee female rappers was die naweek by ’n moewiese fight betrokke by die modeweek in New York.

Ek sien op E! Nicki Minaj het iets skeefs aan Cardi B oor haar dogtertjie, Kulture, gesê en toe strip die nuwe mamma haar moer. Toe gooi die “Chun Li”-rapper haar met ’n skoen.

Maar as jy Cardi glo, dan rasper Nicki nou heeltyd haar wortel en sy kon eenvoudig nie meer stilbly nie. Of haar skoen aan haar voet hou nie.

Sy skel op Instagram: “Ek het baie dinge laat slide, ek het toegelaat dat jy leuens vertel oor my en my diss. Jy het ander kunstenaars in die bedryf gedreig dat as hulle saam met my werk, gaan jy nie meer met hulle worry nie.

“Ek het toegelaat dat jy stront oor my praat. Ek het een keer met jou daaroor gepraat, ek het toe ’n tweede keer met jou daaroor gepraat.

“Maar toe jy my kind mention­ en jy comments oor my like as ’n ma en oor hoe ek my kind grootmaak, was net die ergste vir my.”

Sy sê sy het te hard gewerk om te kom waar sy is om toe te laat dat enige iemand met haar sukses mors.

Nicki is glo min gespin oor die hele skoengooi-situasie. Haar mense sê sy gaan nie ’n klag by die cops lê nie en sy eerder net die hele situasie vergeet.

Ek hou solank my popcorn reg, want ek weet daar kom beslis ’n Round Two.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters