4 dae gelede
Cardi B se kop mik Withuis se kant toe
Cardi B wil baie graag ’n politikus word.  ~ Getty Images

AS DONALD Trump ’n politikus kon word, kan énige iemand seker in die parlement staan, of hoe?

En met “enige iemand” bedoel ek eintlik Cardi B (27).

Die voormalige stripper en deesdae rapper het in ’n rits twiets laat weet sy sal graag wil betrokke raak by die Amerikaanse regering – al stem sy nie noodwendig saam met die staat se doen en late nie.

Die mammie van Kulture twiet: “Ek dink ek wil ’n politikus word.

“Ek het oorlog doccies gekyk. Maak nie saak hoe baie wapens ’n land het nie, jy het steeds mense nodig. Hoe kan jy teen ’n land opstaan en moontlik ’n oorlog begin as die land ’n gebrek het aan patriotisme? Ek sien skaars dat mense verklaar hulle love dit om Amerikaners te wees.”

Gekap

Cardi het gesê sy sal later verduidelik hoekom sy dit gesê het: “Ek gaan weer anderdag oor my laaste twee twiets praat.”

Dit kom ’n week nadat sy die Orange Menace gekap het oor sy bevel om Iran se genl.maj. Qassem Soleimani af te haal.

Cardi meen dit was ’n dom move van Trump om Amerikaners se lewe in gevaar te stel deur ’n oorlog met Iran te begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters