2 maande gelede
Cardi B careful met kiekies van Kulture
Cardi B wil nog nie haar dogtertjie, Kulture, se gesig wys nie.Foto: gallo images  ~ 

ONS gaan sommer nog baie lank wag voordat ons ’n foto van Cardi B (25) se bloedjie sien.

Die rapper het Sondag ’n oulike foto van haar en manlief Offset (26) dogtertjie, Kulture, se vet handjies op Instagram gelaai.

By die foto Cardi geskryf: “Ek het ’n meisie soos jy nodig gehad.”

Al is die “Bodak Yellow”-rapper heel duidelik nog nie gereed om haar eersteling se gesig vir die wêreld te wys nie, het sy die twee maande oue pienkvoet saam met haar op die VMA stage gevat toe sy haar drie pryse gaan haal het.

Sondag het sy ook ’n video op haar Instagram Story gepost waar sy die klein Kulture vroegoggend voer.

Cardi post dus gereeld oor haar baba, maar sonder om die bondeltjie se gesig te wys.

Die beauty van die Bronx het darem al laat val Kulture lyk presies soos haar sussie, Hennessy Carolina (22).

En die social media en TV personality lyk baie soos Cardi B. So, ons kan seker maar aanneem Kul­ture lyk soos haar mammie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters