5 maande gelede
Broer wil Meghan by sy troue hê
reunite? Meghan se familie wil haar graag by haar broer se troue hê.Foto: getty images  ~ 

DIT lyk darem nie asof ál Meghan se familie haar lewe wil verwoes nie.

Thomas Markle junior, die hertogin van Sussex se halfbroer, het haar en manlief, prins Harry, na sy troue genooi.

Volgens Daily Mailgaan die troue in Maart plaasvind.

In ’n onderhoud het die 52-jarige gesê hy hoop dat Meghan en prins Harry die uitnodiging na sy troue sal aanvaar.

Hy begeer dat die troue sy familie nader aan mekaar sal bring ná al die moleste wat plaasgevind het.

Broer Thom sê: “Ek dink die wedding sal die familie reu­nite.

“Ek hoop dat Meghan en Harry sal kom en dat hulle twee dan ’n bietjie tyd saam met my pa sal deurbring. Dit sal goed wees.”

Die swanger vrou van prins Harry het nog nie kontak met haar skandalige familie gemaak sedert haar troue in Mei laas jaar nie.

Ek twyfel sterk of die hertog en hertogin van Sussex by die troue gaan uitstiek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters