3 maande gelede
Britte soek nog ’n rede vir paartie
PAAS-BABA? Prins Harry en Meghan Mar­kle se kleinding is amper daar.Foto: YAHOO.COM  ~ 

DIE bookies het klaar hulle wed­syfers bekend gemaak vir die geboorte van Meghan Markle, die hertogin van Sussex, en prins Harry se baba.

Die royal couple lê nou laag, terwyl almal wonder wanneer die jongste koninklike baba gebore gaan word.

Die bookies Ladbrokes meen dit kan oor die Paasnaweek wees – tussen môre en Maandag en die wedsyfers is 3/1.

Jessica Bridge, ’n woordvoerder van die maatskappy, verduidelik royal fans wil die Paasnaweek graag dubbel feesvier, want koningin Elizabeth se verjaardag is Sondag.

“Die wedders is daarvan oortuig die hertog en hertogin sal die naweek ’n babameisie in die wêreld bring,” sê Bridge.

Die koningin word Sondag 93 en die Britte hoop die baba word Sondag gebore. – express.co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters