14 dae gelede
Britse akteur sterf in SA
Raphael Coleman
Raphael Coleman.  ~ Getty Images

DIE Britse akteur Raphael Coleman, bekend vir sy rol in Nanny McPhee, is in Suid-Afrika dood aan hartversaking.

Raphael (25) se ma, Liz Jensen, het die hartseernuus op Twitter gedeel. 

"Rus in vrede, my geliefde seun Raphael Coleman, ook bekend as Iggy Fox… Sy familie kon nie trotser gewees het nie. Laat ons alles vier wat hy in sy kort lewe bereik het en sy nalatenskap koester,” het Jensen geskryf.

Raphael se stiefpa het op Facebook gesê hy het Vrydag inmekaar gesak. 

Hy was op besoek aan Suid-Afrika om die kwessie van renosterstropery in die land en vasteland aan te pak. - Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters