8 dae gelede
Britney se lewe ’n roller coaster
koorsig: Britney Spears se geestesgesondheid is nie wat dit moet wees nie.Foto: getty images  ~ 

BRITNEY Spears is sedert Januarie gedurig in die nuus oor haar mental health.

Maar dit lyk nie asof enige iemand rêrig weet wat met haar aangaan nie.

Volgens TMZ was die sangeres Vrydag in die hof saam met haar ma, Lynne, pa, Jamie, en suster, Jamie-Lynn.

Haar ma wil toegang hê tot haar mediese verslae.

Dis ná stories dat Britney (37) se pa haar gedwing het om haar by ’n mental asylum in te boek.

Alles het begin toe sy in Januarie aangekondig het sy gaan haar aan die openbaar onttrek.

Britney het gesê dis omdat sy na haar siek pa wil omsien.

Toe, in April het sy op sosiale media gesê sy vat ’n blaaskans.

Nie lank daarna nie het Britney haar by ’n mental asylum ingeboek.

Medikasie

Dit was glo om haar te help cope met haar pa se siektetoestand.

Britney gebruik glo ook nie haar medikasie vir wat ook al haar probleem is nie.

Die regter het beveel dat ’n expert Britney moet ondersoek.

Die verhoor word in September hervat. Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters