11 dae gelede
Break vir Stormi
single? Kylie Jenner het alleen opgedaag by die Baldwin-Bieber-troue.Foto’s: getty images  ~ 

KYLIE Jenner en haar rapper baby daddy, Travis Scott, sit hul verhouding nou eers op ys.

’n Insider het aan Radar­online verklap dat die twee eers ’n break van mekaar vat.

Dis nadat hulle twee jaar saam was en ’n dogtertjie, Stormi, ’n jaar gelede in die wêreld gebring het.

Die insider sê: “Sover ek weet, vat hulle net ’n break. Dis nie ’n full-on split nie.”

Ek het eers gedink dis ’n wolhaarstorie, want Kylie is mos baie lief vir haar “husband”.

Maar die billionnaire het dié week alleen in ’n supersexy goue rok opgedaag by die troue van haar tjommie Hailey Baldwin met Justin Bieber.

Sy het ook baie lank laas iets van haar baby daddy op haar sosiale media gepost.

Hare

Hulle is laas nog op 27 Augustus saam afgeneem.

Dis toe sy, Stormi en Travis op die rooi tapyt was by die première van sy doccie Look Mom, I Can Fly.

Die insider het aan E! gesê die tweetjies is deesdae gereeld in mekaar se hare.

Dié sê: “Hulle baklei oor belaglike goeters en Kylie kan baie skepties oor Travis wees.

“Travis is ook baie gestres oor hy binnekort nuwe musiek uitreik.

Die insider sê: “Travis bly in sy huis in Beverly Hills, maar Kylie laat hom toe om Stormi te sien.”

Ek dink dié is net ’n phase; die tweetjies gaan gou opmaak en weer hulle pantoffels onder dieselfde bed inskop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters