5 dae gelede
Bond ditch nou alkohol
DOP SONDER SKOP: Daniel Craig, alias James Bond, drink nou alkoholvrye bier.  ~ newsyworld.com

BOOZE is maar altyd deel van movies en met James Bond is dit geen uitsondering.

Die akteur Daniel Craig wat die rol van James Bond speel, verskyn nou in ’n advertensie van Heineken waar hy alkoholvrye bier drink.

Dis half teenstrydig met die bekende “shaken not stirred” dop wat Bond drink.

In die kort advertensie sit die 51-jarige Daniel in ’n kroeg. Die kroegman sit dan ’n cocktail voor hom en sê: “Et Voila, the Double O.”

Maar Daniel skud sy kop om nee te sê en wys na die Heineken 0.0. Soos hy die bier optel, lyk dit asof Bond verantwoordelik wil voorkom en sê: “I’m working,” terwyl die classic theme tune op die agtergrond speel.

Intussen verkeer James Bond fans in afwagting op die nuwe Bond movie, No Time to Die, wat in April uitkom. DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters