10 dae gelede
Bonang se eerste movie is iets om mee te spog
Local: Bonang se eerste fliek was Saterdag op die Manchester-filmfees ’n hit. Foto: Getty Images  ~ 

DIE mense oor die waters likes ons goue meisie se eerste movie.

Die TV-en-radiopersoonlikheid Bonang Matheba se fliek, Public Figure, het Saterdag sy debuut op die Manchester-filmfees gemaak en dit was glo ’n groot hit.

Die Suid-Afrikaanse ster het natuurlik in die sosiale media oor haar sukses gespog.

Queen B skryf: “Miss film producer vir jou, darling! Ons het dit gedoen! Ons eerste film het so pas op die Manchester-filmfees gepremière en hulle was mal daaroor.”

Die ster het The Juice vroeër vanjaar meer oor die movie vertel.

“Dit is ’n dokumentêr oor die pros and cons van sosiale media en die verslawing daaraan – hoe mense hulle lewe begin het, werk gekry en nuwe loopbane in sosiale media geskep het. Dit wys ook die negatiewe invloed wat sosiale media het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters