9 dae gelede
Bokke inspireer Mej. SA
Beeldskoon: Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, lyk pragtig in haar groen-en-goue outfit.  ~ Instagram

ONSE mooiste meisie, Zozibini Tunzi, steek kers op by die Wêreldrugby-kampioen, onse eie Springbokke.

Zozi, wat Mej. Suid-Afrika is, het opgewonde saam met ’n skare op die Bokke se aankoms op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo in Johannesburg gewag.

Hulle is verwelkom nadat hulle die Wêreldbeker (WB) in Japan verower het.

Die mooie Zozi sê die Bokke se positiwiteit motiveer haar vir ’n groot taak. Sy gaan Suid-Afrika op 8 Desember in die Mej. Heelal-kompetisie in Atlanta verteenwoordig.

Dopgehou

Zozi vertel sy is gemotiveer deur Bokke se dapper vertoning in die WB.

“Die span se verstommende verbintenis tot ons hier by die huis wat elke move van hulle met opgehoue asem dopgehou het, het my geïnspireer.”

Sy sê die Bok-kaptein, Siya Kolisi, wat nes sy ook in die Oos-Kaap grootgeword het, se speech ná die eindstryd het haar nuwe moed gegee.

“Hy het gesê ons kan enige iets regkry as ons saamwerk. Dít die tipe commitment wat ek met my wil saamneem wanneer ek Suid-Afrika in die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig,” sê sy.

Zozi, jy het aan die Web Ellis-beker gevat. So, ek is seker daai wen-gees het jou sommer ingevaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters