11 dae gelede
Boet lyk baie beter as toe Blac hom pos
Baie beter: ’n Gesonder Rob hang uit saam met sy susters Kendall en Kylie Jenner.  ~ Instagram

HY LYK nou amper weer soos die Rob van ouds!

Rob Kardashian (32) het die naweek lekker saam met sy sussies Kendall en Kylie Jenner (22) uitgehang vir Kenny se 24ste verjaardag.

Kylie het die foto van haar en haar sibbes op haar Instagram gelaai. Die girls se monde het gewater vir hoe goed die enigste Kardashian-broer lyk.

Ek het Rob las gesien toe sy baby mama, Blac Chyna (31), hom soos ’n warm patat gelos het. Hy was daai tyd nogal lekker lywig.

Hêppie

In die kiekie het Rob ’n oversized hoodie aan, maar ons kan sommer dwarsdeur dit sien ou Robbie het ’n hele paar kilo’s afgeskud.

Een girl se bene was lam oor hoe Rob nou lyk. Sy het op die pic gecomment: “My man is terug!”

’n Ander een het laat hoor: “Rob lyk so goed.” Nog een het geskryf: “Hy lyk asemrowend. Dit maak my so hêppie.”

Ek weet nie so mooi van “asem­rowend” nie, maar hy lyk baie beter en gesonder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters