5 dae gelede
‘Boer soek ’n Vrou’, maar een soek ’n ou
Soek ’n boerie: Damian is die eerste gay boer in kykNET se program Boer Soek ’n Vrou.Foto: kyknet  ~ 

DIE moerse gewilde reality show Boer Soek ’n Vrou is terug op kykNET vir sy 12de reeks.

Die tien boere wat liefde soek, is Sondag in ’n spesiale­ episode aan die publiek bekend gestel.

Die manne is tussen 26 en 51 jaar oud – en terwyl nege van hulle ’n vrou soek, wil een ’n man hê.

So, vir die eerste keer neem ’n openlike gay boer nou aan die program deel.

Volgens Channel24 is Damian (37) ’n bees-en-skaapboer van Bapsfontein.

Damian maak dus geskiedenis met dié dapper stap in ’n program wat bekend is vir sy groot konserwatiewe Afrikaanse following.

Soos in die vorige reekse sal die inwoners van Mzansi die wel en wee volg van die vyf boere wat die meeste briewe ontvang.

Die reeks van 13 episodes is weer van Oktober af op die kassie.

Die sangeres en aktrise Leah sal vir die tweede keer as die aanbieder optree.

Vyf boere is van die Wes-Kaap, twee van die Noord-Kaap, twee van die Oos-Kaap en een van Gauteng.

Belangstellende vroue – o, en manne – moet maar nou al vir die boere begin skryf.

Check op kykNET se web­site hoe om te werk te gaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters