3 maande gelede
Boe-hoe! Grand kar sien gou sy gatti
bad luck: Die akteur Tracy Morgan het sy duur sportkar gestamp net nadat hy dit gaan afhaal het. Foto: getty images  ~ 

SKAARS 20 minute nadat die komediant Tracy Morgan (50) ’n Bugatti gekoop het, het hy die duur sportmotor amper moer toe gery.

Die 30 Rock-ster het Dinsdag sy blinknuwe kar ter waarde van $2 miljoen (sowat R29,5 miljoen) in die strate van New York teen ’n ander kar geskuur.

’n Video op BuzzFeed News wys hoe hy uit sy kar klim en teen die venster van die silwer Honda CR-V hamer waarteen sy kar staan. Hy’t die Honda se bestuurder (61) omtrent uitgevreet. Hy het vir haar geskree: “Dit is ’n kar van $2 miljoen dié! Ek het dit so pas gekoop!”

Geen dagvaardings is aan een van die twee uitgereik nie. Hulle onderskeie versekeringsmaatskappye sal dit waarskynlik oplos.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters