14 dae gelede
Bobby se biopic los huge bom
Bobby Brown en Janet Jackson het glo iets aan gehad.foto verskaf  ~ 

GLO dit of nie: Bobby Brown (49) en Janet Jackson (52) het mekaar eens op ’n tyd warm gevry.

Deel een van The Bobby Brown Story, ’n biopic oor Whitney Houston se eks, is onlangs uitgesaai.

Daar was natuurlik geen tekort aan seks, dwelms en R&B nie.

Maar almal was geskok toe hulle uitvind Bob en Janet het die matras­mambo gedoen.

Opgecuddle

In een van die scenes gooi Bob (vertolk deur Woody McClain) ’n draai by Janet (Cree Davis) se huis met ’n geskenk: ’n kar met ’n moewiese rooi strik op.

Oom Bob was nie te hêppie toe Janet heel kalm vir hom sê hy moet sy lip zip oor hulle twee se gekuier nie. Later is hulle tweetjies lekker opgecuddle in ’n hotel­bed.

Sjoe, ek is nogal shook. Ek kan nie wag dat Janet iets hieroor sê nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters