5 dae gelede
Blanket wys gesig toe sy ouboet graad vang
broers: Prince Jackson en Blanket Jackson by die gradeplegtigheid.Foto: instagram  ~ 

SOOS Michael Jackson sou sê, it’s a family thing.

Die koning van pop se jongste seun, Blanket, verskyn nie dikwels in die openbaar nie. Maar hy was die afgelope naweek daar toe sy broer, Prince Jackson, graad gekry het by die Loyola Marymount University.

Michael Joseph “Prince” Jackson jr. en Prince Mi­ch­ael “Blanket” Jackson II het vir foto’s gepose. Prince (22) het ewe sy akademiese mus en toga aangehad en ’n vredesteken gewys.

Hy het gesê hy het soveel geleer en so baie mense ontmoet. Hy dink die ervaring was die moeite werd.

Prince en hulle suster, Paris (21), is gereeld in die spotlight, maar die 17-jarige Blanket was skaars sedert hulle beroemde pa in 2009 oorlede is. – E! Online

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters