15 dae gelede
(Blac)lash van Chyna
REALITEITSTER: Blac Chyna se mense sê dis rassisties om aan te neem sy hoort nie by die Oscaraand nie.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

JULLE is eintlik rassisties as julle ’n grap maak van Blac Chyna wat by die Oscars uitgestiek het. En dit nogal in Black History Month!

Dít is wat die realiteitster se span gesê het toe daar grappe gemaak is oor ’n “sogenaamde celeb” wat Sondagaand by die spoggerige toekenningsaand was.

Toe die baby momma van Rob Kardashian met haar lelike swart rok op die root tapyt verskyn het, wou almal op Twitter weet hoe ’n “nobody” soos sy uitgenooi is na die Oscars.

Een gebruiker het op Twitter gevra: “So, enige iemand kan sommer net by die Oscars opdaag?”

’n Ander een laat hoor: “Siende dat Blac Chyna by die Oscars is, kan ek seker ook sommer daar opdaag.”

En julle kan maar lag, maar die 31-jarige Chyna se span meen sy het die volle reg om daar te wees oor sy ook in die vermaaklikheidsbedryf is.

Wit

“Of dit nou is oor sy ’n realiteit­ster, ’n enkelma of die onvermydelike feit dat sy ’n stripper was, dit verander nie die storie dat die Oscars inderdaad ‘so wit’ is nie,” kla Chyna se span.

Mail Online berig haar mense hou vol dat haar teenwoordigheid by die Oscars die fight van swart mense in die vermaaklikheidsbedryf beklemtoon. ?

Ek dink Chyna se mense sit die pot ver mis. Dis nie ’n ras-ding nie. Ons wonder maar net watter revolusionêre ding Chyna in dié bedryf gedoen het dat sy kan skouers skuur saam met die groot name in die bedryf op só ’n eksklusiewe aand.

Chyna was die plus one van ’n tjommie – die sound engineer Christo­pher Trujillo – by die Oscars. Sien julle, ons moet ons vrinne reg kies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters