10 dae gelede
Black Coffee is nou meer as DJ
BIG DEAL: DJ Black Coffee het aandele gekoop in die record label Gallo Music Group.  ~ Gallo Images

DJ BLACK Coffee het ’n groot aandeel in die record label Gallo Music Group gekoop.

Die local DJ, wat regoor die wêreld bekend is, het Woensdag aangekondig hy’t aandele gekoop deur sy beleggingsmaatskappy Flight Mode Digital.

Hy is nou een van die main konyne in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Belangrik

Die DJ het trots die nuus getwiet: “Ek voel geëerd om bekend te maak dat my beleggingsmaatskappy @FlightModeSA nou amptelik ’n aandeel in die Gallo Music Group het as deel van ’n pas afgetekende equity deal. Ek is nou een van die hoofaandeelhouers in die ongelooflike Suid-Afrikaanse musiek- en kultuurgeskiedenis.”

Black Coffee het in nog ’n twiet verduidelik die deal is belangrik, nie net vir hom nie, maar vir die hele Suid-Afrikaanse musiekbedryf as ’n geheel.

“Dit gaan daaroor om die storie te verander. Dit was ’n stelsel wat ons uitgebuit het en nou gaan dit een van vernuwing en regverdigheid wees,” twiet hy.

Ek lees op zalebs.com Gallo Records is al vir 90 jaar in die musiekbedryf.

Dis die tuiste van die grootste name in Mzansi, soos Mango Groove, Nathi Mankayi, Lucky Dube en selfs Ladysmith Black Mambazo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters