12 dae gelede
Biebs is spyt hy hou nie zip toe
WOU WAG: Justin Bieber is spyt dat hy hom nie rein gehou het voor sy eerste huweliksnag saam met sy vrou, Hailey, nie.  ~ Getty Images

DIE Biebs berou dat hy nie gewag het vir sy eerste huweliksnag om die matras-mamba te doen nie.

Justin Bieber (26) en sy modelvrou Hailey het tydens hulle Facebook Watch series, The Biebers on Watch, gepraat oor dinge waaroor hulle spyt is en wat hulle graag sou wou verander.

Die “Yummy”-sanger sê daar is ’n hele paar dinge waaroor hy berou het. Een ding is dat hy sou verkies het om hom vir sy vrou rein te hou.

Enigeen

“As ek kon teruggaan, sou ek myself vir die huwelik skoon gehou het.

“Dit mag dalk crazy klink, maar ek dink seks kan ietwat confusing raak as jy seksueel aktief is met sommer enigeen.”

Die Biebs se vroutjie voel weer anders oor die saak.

“Ek weet nie of dieselfde kan sê nie. Ons het verskillende ervaringe met alles gehad.

“Maar ek stem saam met Justin dat dit confusing is om physical te wees met iemand.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters