19 dae gelede
Bey se derra het kanker

BEYONCÉ en haar suster Solange­ moes ook nou getoets word nadat borskanker by hulle derra, Mathew Knowles, gediagnoseer is.

Oom Mat sê hy het sy famous dogters heel eerste gebel toe hy die slegte nuus kry.

Hy vertel aan die aanbieder van Good Morning America: “Die eerste oproep wat ek gemaak het, was aan my familie. Hierdie is genetics. Dit beteken dat my kinders ’n hoër risiko loop om dit te kry. Selfs my kleinkinders ook. En hulle het dit hanteer soos hulle moes. Hulle het hulle ook laat toets.”

Geskiedenis

Die famous derra sê hy het besluit om die nuus met die wêreld te deel oor ons nou in Kankerbewusmakingsmaand is.

Oom Mat, wat Beyoncé en Solange by sy eksvrou, Tina Knowles, het, sê daar is ’n geskiedenis van kanker in sy familie.

“My ma se suster het gesterf weens kanker, my ma se suster se enigste twee dogters het gesterf weens borskanker, my skoonsuster het in Maart daarvan gesterf. So, borskanker is oral om my. My vrou, Gena Avery, se ma het ook kanker.”

Oom Mat se een bors is in Julie verwyder en hy recover tans. Sy ander bors gaan in Januarie verwyder word om die risiko van nóg ’n kankergewas te minimise.

Hy is ’n draer van die BRCA2-geen, wat sy kanse vergroot om ander vorme van kanker, soos pankreaskanker, prostaatkanker en melanoom te kry.

“My kinders het ’n 50%-kans om die BRCA-geenmutasie te erf.”

Oom Mat praat baiekeer uit sy beurt uit, maar dié keer het hy zip gekap oor die uitslae van Bey en Solange nadat hulle die kankertoetse ondergaan het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters