14 dae gelede
Bey rave oor Tyler
Emo: Beyoncé kon nie die trane keer by die opening van Tyler Perry se studio’s nie.  ~ 

BEYONCÉ het die naweek snot en trane gehuil by die opening van Tyler Perry se massiewe studio in Atlanta, Georgia.

Die launch van die film-man se studio kon net sowel die jaarlikse BET-toekennings gewees het.

Van die grootste swart sterre in die vermaaklikheidsbedryf was daar.

Usher, Beyoncé, Jay-Z, Michelle Williams, La La An­thony, Oprah Winfrey, Cecily Tyson, Taraji P. Henson, Jill Scott, Whoopi Goldberg, Keshia­ Knight Pulliam, Spike Lee, Halle Berry, Bebe Winans en nog meer celebs het ’n draai by die opening gegooi.

Tyler het net ’n paar dae gelede ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.

Hy is die eerste swart man wat sy eie film studio sonder enige corporate backing oopgemaak het.

Queen B het ’n baie emosionele post op haar sosiale media gelaai nadat sy die launch bygewoon het.

“Geluk aan Tyler Perry met die opening van sy studio.

“Ek kon die teenwoordigheid van ons voorvaders voel. Ek was omring deur my helde.

Briljantheid

“Ek het gekyk hoe Denzel Washington, Spike Lee, Whoopi Goldberg, Sir (Sidney) Poitier, Will Smith, Halle Berry, Dame Cicely en ons engele John Singleton en Diahann Carroll vereer word.

“Generasies van bloed, sweet, trane en sukses, voortreflikheid en briljantheid.”

Bey voeg by: “Dit maak my so trots, so vol. Ek kon nie ophou huil nie. Dankie, my Virgo-broer, vir die liefde en passie wat jy in elke detail gesit het. My gebed is dat jy dit alles inneem.”

Hierdie is ’n groot prestasie vir ’n gekleurde man, want Tyler se studio is groter as Warner Bros., Disney en Paramount se studio’s saam!

Geluk, Tyler!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters