9 dae gelede
BET vereer die bestes
KWAAI: Lizzo het die toekenning gewen vir beste vroulike R&B- en popkunstenaar.  ~ Getty Images

EK IS so bly vir die flambojante Lizzo, wat Sondagaand weggestap het met die BET-toekenning vir die beste vroulike R&B- en popkunstenaar.

Weens die corona-virus moes ons maar tevrede wees met ’n virtuele seremonie vir die gesogte Black Entertainment Television-toekennings. Maar dit was nietemin ’n groot sukses, want mense wêreldwyd het ingeskakel om te kyk watter swart kunstenaars vir hul werke van die afgelope jaar vereer is. Die komediant Amanda Seales was aanbieder.

Die sielvolle Alicia Keys, die twee talentvolle jong meisies Chloe x Halle en die rapper Megan Thee Stallion het gesorg dat die stage vlam vat toe hulle optree.

Hier is die wenners wat met ’n BET-toekenning vereer is:

  • Beste vroulike R&B- en popkunstenaar:

Lizzo

  • Beste manlike R&B- en popkunstenaar:

Chris Brown

  • Beste groep:

Migos

  • Beste collab:

“No Guidance”, deur Chris Brown en Drake

  • Beste manlike hip-hop-kunstenaar:

DaBaby

  • Beste vroulike hip-hop-kunstenaar:

Megan Thee Stal­lion

  • Video van die jaar:

“Higher”, deur DJ Khaled, Nipsey Hussle en John Legend

  • Video-regisseur van die jaar:

Teyana “Spike Tee” Taylor

  • Beste nuwe kunstenaar:

Roddy Ricch

  • Album van die jaar:

Please Excuse Me For Being Antisocial, Roddy Ricch

  • Dr. Bobby Jones beste gospel/Inspirational-toekenning:

“Just for Me”, Kirk Franklin

  • Beste aktrise:

Issa Rae

  • Beste akteur:

Michael B. Jordan

  • Young Stars-toekenning:

Marsai Martin

  • Beste movie:

Queen & Slim

  • Sportvrou van die jaar:

Simone Biles

  • Sportman van die jaar:

LeBron James

  • BET Her-toekenning

“Brown Skin Girl”, Beyoncé featuring Blue Ivy Carter­, WizKid en Saint Jhn

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters