8 dae gelede
Besige tyd vir celebs
STUNNING: Eva Longoria lyk sexy op die beach.  ~ Getty Images

SY HET ’n besige feestyd gehad en Krismis in Londen saam met die Beckhams gevier en toe is sy Mexico toe.

Die beeldskone aktrise Eva Longoria was die week in New York terug by die huis.

Toe die paparazzi haar gespot het, het sy baie stylvol gelyk in haar pienk jumpsuit.

Die 44-jarige voormalige ster van Desperate Housewives het ’n besige tyd agter die rug.

Sy en die sanger Marc Anthony was in Londen, waar hulle by David en Victoria Beckham gaan kuier het.

Min mense weet dit, maar Eva en Marc is actually die peetouers van die Beckhams se kinders Cruz (14) en Harper (8).

Eva en Victoria is al lank goeie pelle. Victoria was by gewees toe Eva laas jaar ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry het.

Sangeres

Sy het geskryf dat sy en Victoria jare lange vriende is, dat die Kersfees baie nice was.

“Beste Kersfees ooit!” was haar woorde

In die nuwe jaar het sy en die sangeres Nicole Scherzinger, haar ou, Thom Evans, en Busy Philipps lekker by die Nobu Hotel in Cabo San Lucas gepaartie. Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters