4 dae gelede
Besige skedules, wantroue laat Halsey-hulle opbreek
uitmekaar: Halsey en G-Eazy se verhouding was nie so lekker nie.Foto: getty images  ~ 

ALLES was toe nie so hunkydory met Halsey en G-Eazy se verhouding nie.

Baie mense het gedink die popsanger en die rapper se samesyn is maanskyn en rose.

Verlede week het die prag­tige Halsey aangekondig hul paadjies skei.

Nou het meer inligting uitgekom oor wat agter geslote deure gebeur het.

Volgens ’n bron het die twee die laaste paar jaar ’n reeks “ups and downs” gehad.

Hulle het ook ver van mekaar af gewerk en gereeld geargumenteer. Hulle was albei baie besig met hul loop­bane.

“Albei het probeer om sterk te wees en seker te maak hul werksverpligtinge word afgehandel, maar hulle het net te veel baklei.

“Hulle het toe besluit om te split.”

Volgens die bron het die trust tussen die twee ook verbrokkel. – Eonline

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters