2 maande gelede
Ben vat ’n breek
Shauna Sexton lyk baie sexy op die strand.Foto: splashnews  ~ 

SHAUNA Sexton het glo al ’n paar keer vir haar berk, Ben Affleck, in die rehab centre gaan kuier.

Die pragtige Shauna het daar aangekom in ’n knap swart nommertjie.

Die Daily Mail berig die 22-jarige Playboy-model is ook gesien shopping doen by Elle in Los Angeles.

Ben is net meer as twee weke gelede in rehab opgeneem vir alkoholmisbruik.

Dis nadat sy eks-vrou, Jennifer Garner, einde Augustus by sy huis opgedaag en daarop aangedring het dat hy homself by ’n rehab centre inboek.

Ben is nou tydelik by sy huis in Brentwood, waar Shauna ook vir hom gaan kuier het.

Dis die eerste keer dat die 46-jarige akteur (Batman) buite die rehab centre gesien is.

Mense na aan hom sê hy is nie ontslaan nie; hy is net huis toe – met terapeute en afrigters en al – om te gaan oefen.

Dis nou ten spyte daarvan dat die rehab-plek ’n gym het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters