3 maande gelede
Bella bly vir Cena
beskermend: Nikki Bella sê sy is bly haar eksverloofde het iemand gevind. Foto: getty images  ~ 

NIKKI Bella wil net die beste hê vir John Cena.

Dié vroulike wrestler sê toe sy die headlines sien dat haar eksverloofde, John Cena, die mooie Shay Shariatzadeh se hande vasgehou het, het haar wêreld so byna gaan stilstaan.

Dít het sy confess in die nuwe aflewering van haar en haar sussie, Brie, se podcast, The Bellas Podcast.

Nikki erken: “Toe ek die headline sien ... My maag het gedraai. Maar toe ek dit oopmaak en die foto sien, was dit vreemd. Weet jy, soos wanner jy ’n text kry of jou partner met iemand anders sien flirt...? Jy kry daai gevoel van jou maag wat saamtrek en dit maak seer. Jy wil dan eerder jou broek onmiddellik vuilmaak of jy het ’n verskriklike maagpyn. Nie een van daai goed het met my gebeur toe ek daai foto’s van hulle sien nie.”

Nikki sê sy was eintlik bly vir haar eks se part toe sy die kiekies sien.

“Maar omdat ek voel ek het hom baie seergemaak en toe die groot smile op sy gesig sien, kon ek nie my broek daaroor vuilmaak nie. Ek was bly vir sy part.

“So, hierdie is my gevoel. Ek is baie bly vir sy part. Solank John hêppie is, is ek hêppie, maar kom ek sê jou: As sy John se hart breek, sjoe ... Ek sal haar rack attack. Ek is steeds baie beskermend oor daai man.”

Nikki het ook al aanbeweeg met die Dancing with the Stars pro, Artem Chigvintsev.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters