15 dae gelede
Bekendes het sterre in oë vir die final
Vol Gees: Dié span het aan die final van Presenter Search on 3 gewerk, maar ook tyd afgeknyp om hulle opgewondenheid oor die World Cup met Son te deel.  ~ Peter Abrahams

AS JY gedink het celebs bodder nie met rugby nie, dink weer!

Woensdagaand het die voormalige Mej. Suid-Afrika, sakevrou en uitsaaier Basetsana Khumalo in die Mount Nelson Hotel lekker rugby geklets waar ’n ander eindstryd – Presenter Search on 3 s’n – gehou is.

Ma Bassie is oortuig dat Rassie en die Bokkie vir Eddie Jones-hulle gaan ore aansit.

Sy het koninklik gelyk in ’n gemakstoel in die posh hotel, Maar toe sy begin Bokke praat, toe raak sy so opgewonde soos ’n kind in ’n lekkergoedwinkel en beduie: “Orrait, orrait, Suid-Afrika. Ons gaan wen. Ons gaan daai Wêreldbeker vat! Go, Bokke!

“Verstaan djy? Ons gaan wén!” En wat dink Bassie gaan die score wees? “Die score gaan 15-7 wees, natuurlik in ons guns!”

Leigh-Anne Williams se bloed is groen-en-goud.

“Ek staan agter die Springbokke! Dit gaan ’n tight game wees. Daar gaan nie ’n groot verskil in die punte wees nie.

“Ons gaan op die punt van ons stoele sit. Die bloed gaan uit die spelers se neuse loop. Hulle gaan mekaar pak.

“Ouens, bring die beker huis toe, want Suid-Afrika het regtig in dié stadium so iets nodig. Die Springbokke het die amazing ability om die land te verenig en ons almal weet Suid-Afrika het eenwording nou meer as ooit nodig.”

Die Sama-benoemde Jarrad Ricketts glo ook daai Web Ellis-trofee is op pad Mzansi toe.

Fantastiese

“Ek stuur baie liefde aan ons Bokke. Komaan, ouens, maak ons trots!”

Die sangeres Amy Jones­ van die Paarl meen ook dit gaan ’n tight game wees.

“Ek hoop julle is net so opgewonde soos ek. Dit was ’n fantastiese journey tot dusver.

“Ek dink die game gaan baie tight wees en dit gaan ’n groot final wees. Engeland is beslis tans op hulle peak, maar ek dink ons is meer as voorbereid en gereed.

“Dit gaan ’n groot uitdaging wees, maar ek hoop ons Bokke eindig bo.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters