10 dae gelede
Bebe bly weg oor Covid-19
KOM NIE MEER: Bebe Winans se konsert in Suid-Afrika is vir eers gekanselleer.  ~ Getty Images

DIE legendariese Bebe Winans kom nie meer Mzansi toe nie.

Die sanger sou Vrydag in Johannesburg opgetree het en Saterdag in Durban.

Maar natuurlik weens die Covid-19-pandemie sal dié konserte nie meer plaasvind nie.

Die organiseerders het in die sosiale media aangekondig Bebe se Born for This SA Tour: The Musical Experience gaan nie meer plaasvind nie.

Refunds

Hulle het wel beloof hulle sal nuwe datums aankondig.

Mense wat kaartjies gekoop het, kan vra vir refunds of hulle kan wag tot die nuwe datums.

Bebe het in Januarie gesê dié sal sy laaste Suid-Afrikaanse toer wees.

Ek sien op Channel24 hy het gesê hy sou nie alleen kom nie.

“Die talentvolle Margaret Bell en my kleinsus Debbie Winans Lowe kom saam,” het hy gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters