9 dae gelede
Beauty vs daai beast
DUIFIES: Hailey Baldwin en Justin Bieber gaan glo in Kanada nes skrop én ’n groot troue daar hou.Foto: people.com  ~ 

DIE Biebs se vroulief wil nou in die nuwe jaar ’n nuwe blaadjie omslaan.

Ek sien op The Juice Hailey Baldwin (22) se fans was dronk­geslaan nadat sy ’n lang, emosiebelaaide boodskap op Instagram gepost het oor hoe sy haar insecurities met die wêreld wil deel.

Die model het gesê sy wil openliker en eerliker wees oor die dinge waarmee sy sukkel.

Sy het die bul by die horings gepak en gesê mense moet tog nie so gaande wees oor die sosiale media nie, want dinge is nie altyd hoe dit daar lyk nie.

“Die waarheid is, dit maak nie saak hoe amazing my lewe lyk nie, ek sukkel.

Vergelyk

“Ek is onseker van myself, ek is broos, ek het doubts, ek het angs, ek raak hartseer en ek raak woedend.”

Sy bely daar is dae waarop sy voel sy is nie goed genoeg nie.

“Ek’t ontelbare dae gehad waar ek deur Instagram scroll en my met ander vergelyk. Dan voel dit of ek in soveel opsigte tekort skiet. Dan sukkel ek om selfvertroue te hê.”

Justin Bieber (24) se vrou sê sy post nie die boodskap oor sy wil hê mense moet vir haar jammer voel nie. Sy wil graag ander jong meisies inspireer om mekaar te motiveer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters