3 maande gelede
Baxter cancel produksies
Danger in the Dark
Dancing in the Dark is een van die produksies wat gecancel is.  ~ Jesse Kramer

DIE Baxter-teater het ál sy produksies tot die einde van April gekanselleer.

Die teater het pres. Cyril Ramaphosa se verbod op openbare byeenkomste van meer as 100 mense weens die corona-pandemie kop toe gevat.

Van die teaterproduksies wat tans op die planke by die teater is, is David Kramer se uitmuntende produksie Danger in the Dark, Tally-Ho Productions se The Last Five Years en Ayana/Afrika Ablaze se I Am Rain.

Daar is ook Ndumiso Lindi se Boys Don’t Cry, Celeste Ntuli se Money and Men, Best of Zabalaza 2020, Morning Melodies, die Cape­ Town Concert Series en Masambe Theatre-produksies wat nie meer plaasvind nie. Die 55ste Fleur du Cap-teatertoekennings is ook gekanselleer.

Skenk

Die teater sê in ’n verklaring hy sal riglyne van die nasionale regering en die  Universiteit Kaapstad se bestuur volg. Hy voeg by dat lede van die publiek gereeld ingelig sal word via sy sosialemedia-platforms, die media en sy nuusbrief.

Daar is ook in die sosiale media gevra dat diegene wat kaartjies gekoop het, nie die geld moet terugeis nie, maar dit eerder moet skenk sodat die kunste aan die lewe gehou kan word tydens die pandemie. Die Baxter vra dat ons aan die akteurs en produksiespanne dink wie se sak kansellasies gaan voel.

As daar wel diegene is wat  hulle geld terug wil hê, moet hulle dit aanlyn doen.

Die verklaring lui: “Daar is ’n self-refund-opsie op ons Webtickets-profiel beskikbaar.”

Refunds sal na verwagting binne vyf werkdae uitbetaal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters