5 maande gelede
Bar in die sop oor tax
bar refaeliFoto: dailymail.co.uk  ~ 

JY KAN so mooi wees “as wat jy wil”, maar dan moet jy darem tog slim ook wees.

Kyk nou maar net vir Bar Refaeli, ’n supermodel en een van die mooiste vroue op aarde.

Amptenare in Israel (sy is van daai land) glo die girl het meer as $6 miljoen (sowat R85 miljoen!) van Jan Taks probeer wegsteek.

Yankland

En nou is sy ingelig die aanklaers soek haar nou vir tax evasion en money laundering.

Volgens TMZ word Bar al jare ondersoek. Jan Taks glo sy het al lank probeer om nie tax in Israel te betaal nie, want sy woon mos meestal in Yankland.

En dan het sy aan die Yanks gesê sy woon eintlik in Israel.

Jan Taks glo die supermodel was maar erg shady met hom van 2006 tot 2012.

In dié tyd het sy ook Leonardo Di­Caprio gedate.

Jan Taks sê sy het mos geclaim sy woon by Leo terwyl sy eintlik in Tel Aviv onder ’n ander familielid se naam gebly het.

Bar (33) se ouers gaan glo ook vir money laundering ondersoek word, sowel as tax evasion.

Bar se lawyer Moshe Mizrahi sê Jan Taks kruip nou uit ’n deal wat Bar in 2009 met hulle gemaak het.

Die model is gereeld op die covers van die gesogste mags ter wêreld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters