15 dae gelede
‘Bachelor’ begin met baie drama
Die tweede reeks van die plaaslike The Bachelor is vol drama.  ~ Foto Verskaf

DONDERDAGAAND sal jy vasgenael voor die kassie wil sit wanneer die tweede reeks van The Bachelor South Africa begin.

Ek het laas week die eerste episode gekyk en ek was op die punt van my stoel.

Kyk, julle weet ek likes drama en in die heel eerste episode is daar sommer hope daarvan.

Die 22 dames wat veg om die super aantreklike Marc Buckner (36) se hart, is sommer goed spicy.

Dit sorg natuurlik vir lekker TV.

So van die 22 dames gepraat, hulle is:

  • Xia Narain (23) van Durban;
  • Tegan Edwards (31) van Pretoria;
  • Tamryn Muller (30) van Pretoria;
  • Stefanie Vangelatos (27) van Johannesburg;
  • Parushka Moodley (34) van Johannesburg;
  • Pasha dos Santos (27) van Kaapstad;
  • Amor Kruger (26) van Pretoria;
  • Andeline Wieland (24) van Namibië (sy woon tans in Stellenbosch);
  • Bridget Marshall (31) van Seepunt in Kaapstad;
  • Daniella Thibault (25) van Melkbosstrand in Kaapstad;
  • Gillian Seetso (26) van Johannesburg;
  • Greta Sher (27) van Johannesburg;
  • Jessica Calder (27) van Constantia in Kaapstad;
  • Marisia van Wyk (24) van Klerksdorp;
  • Michaela Liebenberg (24) van Pretoria;
  • Mulesa Lumina (27) van Oos-Londen;
  • Nolo Moloi (27) van Midrand;
  • Silke Geugis (26) van Kaapstad;
  • Qiniso van Damme (26) van Kaapstad;
  • Payal Sewbalak (30) van Johannesburg;
  • Rikki Brest (34) van Johannesburg; en
  • Jessica Ross (28) van Kaapstad.

Van die dames gaan sommer hierdie week al met ’n gebroke hart huis toe.

Die hunky bachelor gaan rose uitdeel aan die meisies wat sy voete onder hom uitslaan wanneer hy al die deelnemers vir die eerste keer ontmoet.

) The Bachelor word elke Donderdag 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters