14 dae gelede
Baba nr. 3 blykbaar al maande hier
Ouers: Ryan Reynolds en Blake Lively se derde kleintjie is glo al twee maande oud. Foto: Getty Images  ~ 

BLAKE Lively (32) en Ryan Reynolds (42) se derde kleintjie is glo stilletjies gebore.

Hoewel die twee sterre nog nie ’n woord oor dié blye nuus gerep het nie, loop die oorsese publikasies oor van die nuus.

Us Weekly is die eerste publikasie wat daaroor berig het. Volgens die tydskrif is Blake en Ryan se kleintjie al twee maande gelede gebore.

Die paartjie het eers baie laat in die swangerskap aangekondig hulle verwag ’n kleintjie.

Hulle het die nuus aangekondig by die New Yorkse première van Ryan se movie Pokémon Detective Pikachu.

Die tweetjies het reeds twee dogtertjies, James (amper 5) en Inez (3).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters