12 dae gelede
Avril sing oor siekte
gelukkiger dae: Min mense weet dit, maar Avril Lavigne was dodelik­ siek.Foto: getty images  ~ 

DIE pop/punk-sangeres Avril Lavigne bring haar eerste song in vyf jaar uit.

Die Kanadese ster vertel sy is byna dood aan Lyme disease. Die siekte word veroorsaak wanneer ’n swartbeen-bosluis jou byt.

AFP berig haar eerste song word nou uitgereik van haar album wat op 19 September uitgereik word.

Avril sê in ’n brief aan haar fans op haar website die song “Head Above Water” gaan oor haar struggle terwyl sy siek was.

“Ek het aanvaar ek gaan dood en ek kon voel my liggaam gee in. Dit het gevoel of ek besig is om te verdrink. Dit was asof ek onder die water insak en ek weer moes opkom om asem te skep. Soos ’n rivier wat my meesleur.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters