20 dae gelede
Ariana het beïndruk
groot stem: Ariana Grande gaan ook by Aretha Franklin se begrafnis optree. FOTO verskaf  ~ 

DIE klein meisie met die groot pype tree die naweek by wyle antie Aretha Franklin se begrafnis op.

Die Queen of Soul was baie picky en baie min kunstenaars het haar goedkeuring weg­gedra.

Maar die 25-jarige Ariana Grande het ’n spesiale plekkie in Aretha se hart gehad.

Hulle het mekaar mos ontmoet toe albei in 2014 vir Amerika se destydse prez,. Barack Obama, in die Withuis opgetree het.

Nie net het die mooie sangeressie oorle Aretha met haar goue stem beïndruk nie. Sy het ook Aretha se familie se hartsnare geroer toe sy die hit “A Natural Woman” gesing het kort nadat die ster haar jare lange stryd teen pan­kreas­kanker verloor het.

Net die beste in die musiekbedryf is goed genoeg vir die Queen of Soul, wat heel opgedollie in haar goue kis lê.

Ek sien op EWN ook grotes soos Stevie Wonder, Jennifer Hudson, Faith Hill, Shirley Caesar en Chaka Khan bring vandag op haar begrafnis hulde aan die musiek-ikoon. Dis in die Greater Grace Temple in Detroit.

’n Queen soos antie Aretha verdien beslis niks minder­ as só ’n indrukwekkende vaarwel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters