2 maande gelede
Aniston wil saam pa in Days verskyn
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
Jennifer Aniston  ~ getty images

JENNIFER Aniston soek 'n rol in die sepie Days of our Lives voor haar pa uittree.

Aniston se pa, John, speel sedert die laat 1980's die rol van Victor Kiriakis in die gewilde sepie.

Volgens die tydskrif National Equirer wil die 50-jarige aktrise 'n cameo langs haar pa maak.

'n Bron het aan die tydskrif vertel dat Aniston met die idee vorendag gekom het terwyl sy en haar pa 'n parodiestuk vir The Ellen DeGeneres Show gedoen het.

"Dit het haar laat dink hoe wonderlik dit sal wees om deel van sy soapie te wees voor hy aftree," vertel die bron.

"Sy wil hom bedank dat hy haar in show business gekry het. Jen is 'n baie besige aktrise, maar sy gaan tyd maak daarvoor. Sy wil hom eer deur saam met hom te werk terwyl sy nog die kans het."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters