10 dae gelede
Angie skei oor gesin
DAPPER: Angelina Jolie sĂȘ sy het van Brad Pitt geskei omdat sy haar kinders wou beskerm.  ~ Gallo Images

ANGELINA Jolie (45) sê sy en Brad Pitt (56) se paadjies het geskei oor sy die welstand van haar kinders op die hart dra.

Die tweetjies het in 2005 ontmoet en in 2014 getrou. Hulle het ses kinders – Maddox, Pax, Zahara, Shiloh en die tweeling Knox en Vivienne.

Maar in 2016 is Brangelina skeihof toe en die twee ouers was lank in ’n stryd om toesig oor hul kinders gewikkel.

Angelina het onlangs aan Vogue India gesê sy het besluit om van Brad te skei vir haar kinders se onthalwe.

“Ek het geskei vir die welstand van my gesin. Dit was die regte besluit.

“Ek hou aan om op hul genesing te fokus.”

Sy het ook sommer die geleentheid aangegryp om die lug te suiwer.

“Sommige mense het advantage gevat van die stilte. Die kinders sien soms leuens oor hulself in die media, maar ek herinner hulle daaraan dat hulle die waarheid en hul eie gedagtes ken.

“Hulle is ses baie dapper en baie sterk jong mense.”

Angie is heeltemal reg – hul kinders is al groot en uitgegroei en het beslis ’n mind van hul eie.

Maddox is al 18 jaar oud, Pax is 16, Zahara is 15, Shiloh is 14 en die tweeling Knox en Vivienne is tans 11 jaar oud.

In 2018 het Brangelina tot ’n vergelyk gekom oor hul ses kinders nadat hulle vir twee jaar daaroor baklei het.

Die Maleficent-aktrise het verder in die onderhoud gepraat oor die ervaring van haar aangenome kinders.

“Alle aangenome kinders kom met ’n pragtige misterie van ’n wêreld wat met joune saamsmelt.

“Wanneer hulle van ’n ander ras en vreemde land is, is daai misterie en daai geskenk so groot en vervullend.

“Hulle moet nooit uit voeling raak met wie hulle is en waarvandaan hulle kom nie.

Reis

“Hulle het wortels wat ek nie het nie. Jy moet hulle eer en by hulle leer.

“Dit is die wonderlikste reis om te hê.

“Hulle kom nie in jou wêreld nie, maar jy kom in hul wêreld.

“Ek is geseënd om hul ma te wees. Ek is elke dag so dankbaar hiervoor.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters