3 maande gelede
Angelina se ete bederf
dressed to kill: Angelina Jolie is steeds een van die mooiste aktrises.Foto: vogue.com  ~ 

MENSE skinder Brad Pitt is nog vriende met sy eks Jennifer Aniston.

Die akteur se mees onlangse eks, Angelina Jolie, het dié week maar baie knorrig gelyk ná ’n aandete in Los Angeles.

Die 44-jarige Angelina is afgeneem waar sy agter in ’n kar gesit en haar oë gerol het.

Angelina was die aand uit toe dit aan die lig gekom het dat Brad en Jennifer steeds goeie vriende is.

Verjaardagpaartie

Dis nou nadat die twee 14 jaar terug al geskei het.

’n Vriend van Jennifer het aan Entertainment Tonight gesê sy en Brad chat nog soos ou buddies met mekaar.

Hy was ook by haar 50ste verjaardagpaartie in Februarie.

Die power couple Brangelina het in 2014 getrou – en in 2016 geskei.

Jennifer het in 2015 met Justin Theroux getrou, maar hulle is in 2017 geskei. – DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters