4 maande gelede
Amber Rose verloor kop

AMBER Rose (36) moet haar kop laat lees!

Die mammie van twee het besluit om haar twee seuns se name op haar voorkop te laat tatoeëer.

Sy het nog nie ’n foto van haar simpel tatoe op haar sosiale media gepost nie, maar julle weet mos die paparazzi is orals.

Die papz het die voormalige stripper met haar nuwe tatoe afgeneem toe sy uit was in die strate van Los Angeles.

Op haar voorkop staan “Slash” aan die linkerkant en “Bash” aan die regterkant.

Haar vier maande ou seuntjie is Slash en haar sesjarige, Sebas­tian, wat sy saam met die rapper Wiz Khalifa het, noem sy Bash.

Albei die kids se name is in kursief net onder haar haarlyn getatoeëer.

Ek verstaan nie waarom die model haar mooi gesig hiermee moes versuur nie.

Sy is mos ’n groot, regdenkende vrou. Hoe het sy gedink gaan sy weer werk kry met die gedoente op haar voorkop?

En hoe gaan sy vir die einste twee bloedjies sorg as die tjieng vir haar modelwerk nie meer so gereeld inrol nie?

Ek weet darem nie so mooi nie, jong.

’n Mens is natuurlik oneindig lief vir jou bloedjies, maar hierdie is darem te ver gevat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters